Geloof is 'n kosbare geskenk van God. AFRIKAANS KATOLIEK is die amptelike Afrikaanstalige stem van die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie en die Oratorium Uitgewery; deur gepubliseerde tekste en ook in die digitale ruimtes. AFRIKAANS KATOLIEK speel dus 'n belangrike rol in die opvoed
Geloof is 'n kosbare geskenk van God. AFRIKAANS KATOLIEK is die amptelike Afrikaanstalige stem van die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie en die Oratorium Uitgewery; deur gepubliseerde tekste en ook in die digitale ruimtes. AFRIKAANS KATOLIEK speel dus 'n belangrike rol in die opvoeding van ander oor ons Katolieke geloof en die verspreiding van die Blye Boodskap van Jesus Christus.
Die rykdom van ons Katolieke geloof is deur ons Here aan die Apostels toevertrou, en is deur die eeue heen deur Sy nederige dienaars onder leiding van die Heilige Gees verkondig. Die Katolieke gelowiges sal 'n opregte aanbieding van die leerstellings van die Kerk hier vind om u te help om geloof te versterk en u tot 'n dieper verbintenis te lei tot ‘n lewe wat onse Here behaag.
Vir die nie-Katolieke is dit ons opregte hoop dat ons u vrae kan beantwoord, u nuuskierigheid miskien te kan bevredig en 'n ryke tuiste te skep wat u sal help om eendag dalk te besluit om by ons aan te sluit. Ons nooi u uit om ons talle steeds groeiende bladsye oor historiese Geloofsdokumente, devosies, gebede, leerstellings, inligting oo
Vir die nie-Katolieke is dit ons opregte hoop dat ons u vrae kan beantwoord, u nuuskierigheid miskien te kan bevredig en 'n ryke tuiste te skep wat u sal help om eendag dalk te besluit om by ons aan te sluit. Ons nooi u uit om ons talle steeds groeiende bladsye oor historiese Geloofsdokumente, devosies, gebede, leerstellings, inligting oor die Heiliges en ander aktuele kwessies in Katolisisme saam met ons te verken.
Meld hier aan om ons weeklikse e-nuusbrief te ontvang.