Op die Sondag na Paassondag vier ons die Fees van die Goddelike Barmhar gheid van Jesus Christus. Dit het alles begin toe ‘n jongmeisie, genaamd Helena Kowalska, op 1 Augustus 1925 by die Kongregasie van die Susters van Onse Liewe Vrou van Barmhartigheid in Pole ingetree het. Sy het die kloosternaam, Fautina, aangeneem.
Sr. Faus na was een van die merkwaardigste figure van die 20ste eeu. Aan haar het God buitengewone gunste verleen: Sy ervaar ongelooflike visioene van Jesus Christus, beskik oor die gawe van profesie en ontvang ‘n baie spesiale openbaring van God se eindelose en ondeurgrondelike Barmhartigheid. Sy kry die taak om die mense van ons tyd te herinner aan die waarheid omtrent die Barmhartige Liefde wat God vir elkeen van ons het. In 1931 het die Here Jesus aan haar verskyn en haar die volgende opdrag gegee:
‘Maak ‘n a eelding van My soos jy My nou hier sien en skryf onderaan ‘Jesus, ek vertrou op U’. Laat hierdie a eelding wêreldwyd vereer word en daar waar dit vereer word belowe Ek dat dié mense wat aan My Barmhartigheid vasklou nie verlore sal gaan nie…Die ligte wit straal beteken die water uit My sy, wat die siel reinig; die rooi straal stel My Bloed voor wat die siel lewe gee. Hierdie twee strale skyn uit die diepte van My Barmhartigheid, toe My Hart deurboor is met die lans. Hierdie ligstrale beskerm 4 dié siele wat eintlik a.g.v. hul sondes die straf verdien.
Geluksalig sal dié siele wees wat in hierdie twee ligstrale lewe. Die Goddelike Regverdigheid sal hulle spaar. Ek sal die huise en selfs die stede begenadig en beskerm waar dié a eelding vereer word. Geen rus of vrede sal die mens vind totdat hy hom nie oorgee aan God se Barmhartigheid nie…’ Sr. Faustina sterf in 1938. Dit was eers ná haar dood dat haar uitsonderlike verhouding met Jesus Christus aan die lig gekom het. So nederig en stil was sy dat selfs haar medesusters in die klooster nie geweet het van haar visioene nie. Die afgelope paar dekades het dié verering van die Goddelike Barmhartigheid wêreldwyd toegeneem.
Sr. Faustina is op 18 April 1993 deur pous Johannes Paulus II salig verklaar. Op 30 April 2000 het dieselfde pous haar heilig verklaar. Voor haar dood het sy in haar dagboek geskryf: ‘Ek voel seker dat my sending hier op aarde nie met my dood sal eindig nie. O julle twyfelende siele, trek oop die gordyn wat julle daarvan weerhou om God se goedheid en barmhartigheid raak te sien!’