Die Blye Boodskap 
van Jesus Christus
in & deur Afrikaans
  • Tuisblad
  • Bid saam met die Pous
  • Pous Leo XIV
  • Bronmateriaalskatkis
  • Devosies & Gebede
  • Sakramente
  • Seisoene & Feeste
  • Beskikbaar
  • More
    • Tuisblad
    • Bid saam met die Pous
    • Pous Leo XIV
    • Bronmateriaalskatkis
    • Devosies & Gebede
    • Sakramente
    • Seisoene & Feeste
    • Beskikbaar
Die Blye Boodskap 
van Jesus Christus
in & deur Afrikaans
  • Tuisblad
  • Bid saam met die Pous
  • Pous Leo XIV
  • Bronmateriaalskatkis
  • Devosies & Gebede
  • Sakramente
  • Seisoene & Feeste
  • Beskikbaar

'DIE BLYE BOODSKAP VAN JESUS CHRISTUS'

DIE HEILIGE HART VAN JESUS

WAT IS DIE HOOGFEES VAN DIE HEILIGE HART VAN JESUS?

Hierdie Hoogfees is 'n roerende fees waartydens die Heilige Hart van Jesus vereer word en die Fees word gevier op die Vrydag van die 3de week na Pinkster. In 1675 het Jesus aan Sint Marguerite-Marie Alacoque gesê dat Hy wou hê dat die Fees van die Heilige Hart op die Vrydag na die Corpus Christi-oktaaf gevier moet word. In 1856 het die Fees van die Heilige Hart 'n universele fees geword. Sint Johannes Paulus II, 'n groot toegewyde van die Heilige Hart, het gesê: "Hierdie fees herinner ons aan die verborgenheid van die liefde van God vir die mense van alle tye." Vanjaar vier ons die Plegtigheid van die Heilige Hart van Jesus op 16 Junie.  

WAT IS DIE ALLERHEILIGSTE HART VAN JESUS?

WAT IS DIE ALLERHEILIGSTE HART VAN JESUS?

WAT IS DIE ALLERHEILIGSTE HART VAN JESUS?

Die Hart is die simbool van menslike liefde. Hierdie Katolieke devosie vereer die Heilige Hart van ons Here, waardeur God se ewige liefde vir almal aan ons geopenbaar is. "God is Liefde" (1 Johannes 4:8), en daarom eer ons die Goddelike Bron daarvan om die menslike uitdrukking van daardie Liefde, veral aan die Kruis, te eer.

WAAROM IS DIE HEILIGE HART BELANGRIK?

WAT IS DIE ALLERHEILIGSTE HART VAN JESUS?

WAT IS DIE ALLERHEILIGSTE HART VAN JESUS?

Sint Johannes Paulus II het gesê: "Die Heilige Hart het ons alles gegee – verlossing, redding, heiligmaking."  


Die Heilige Hart is die eintlike hart van Christus en dui ook op Sy liefde vir die mensdom. Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: "Die gebed van die Kerk vereer en eer die Hart van Jesus net soos dit sy allerheiligste Naam aanroep. Dit aanbid die vleesgeworde Woord en sy Hart wat Hy uit liefde vir mense toegelaat het om deur ons sondes deurboor te word." (KKK 2669)

"as ek nie die glans van u Aangesig kan sien of u lieflike stem kan hoor nie, o my god, kan ek uit u genade lewe, ek kan op u heilige hart rus!"


St. Thérèse van Lisieux

WAT IS DIE GESKIEDENIS VAN DIE DEVOSIE?

Die grondslag vir toewyding van die Heilige Hart het in die vroeë Christendom begin. Die Heilige Skrif, veral die Nuwe Testament, verwys vele kere na die liefde van God, en die kerkvaders bespreek ook God se liefde. In die elfde eeu het Christene dikwels mediteer oor die vyf wonde van Jesus, en die spesifieke toewyding aan die Heilige Hart kom uit hierdie meditasie. St Gertrude die Grote, wat privaat openbarings oor die Heilige Hart gehad het, het gehelp om die begrip van Jesus se Heilige Hart in die laat 13de eeu te bevorder.

Etlike eeue later, in 1670, het St. John Eudes die eerste Fees van die Heilige Hart gevier. In 1673 het Sint  Marguerite-Marie Alacoque, 'n Franse kontemplatiewe non, haar eie openbarings ontvang, waarin Jesus sy liefde vir alle mense verduidelik het, en selfs toegelaat het dat Sint  Marguerite-Marie haar kop op sy hart lê, soos Hy ook toegelaat het dat St. Gertruida dit doen. Hy het gevra dat Katolieke op die Eerste Vrydae van die maand die Heilige Eucharistie ontvang en Hom in die Heilige Eucharistie aanbid. 


In 1675 het Jesus vir Sint  Marguerite-Marie gesê dat Hy 'n jaarlikse fees ter ere van Sy Heilige Hart wou hê. In 1856 het die geseënde pous Pius IX aangewys dat die fees van die Heilige Hart elke jaar universeel gevier sou word op die Vrydag na Corpus Christi.

"in die heilige hart is elke skat van wysheid en kennis verborge. In daardie goddelike hart klop god se oneindige liefde vir almal, vir elkeen van ons individueel"


St. Johannes-Paulus II

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

Jesus het aan Sint  Marguerite-Marie gesê: "My Heilige Hart is so intens in sy liefde vir mense, en vir jou in die besonder, sodat wanneer die vlamme van my vurige liefdadigheid nie in my Hart vervat kan word nie, die liefdesvlamme in alle opsigte oorgedra moet word." 

WAAROM WYS JESUS NA SY HART?

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

Meeste Heilige Hartbeelde toon Jesus wat na Sy Hart wys. Dit is 'n aanduiding van Sy ewige liefde vir elkeen van ons.

WAT IS DIE EERSTE VRYDAG DEVOSIE?

WAAROM IS JESUS SE HART AAN DIE BRAND?

WAT IS DIE EERSTE VRYDAG DEVOSIE?

Jesus self het die Eerste Vrydag Devosie begin. Die laaste van die twaalf Heilige Hart Beloftes, verklaar, "Ek sal die genade van finale berou skenk aan almal wat Heilige Kommunie op die Eerste Vrydag van nege opeenvolgende maande ontvang; hulle sal nie in My onguns sterf sonder om die Sakramente te ontvang nie; en in hul sterwensuur sal My Goddelike Hart hul veilige toevlug wees."

"moet nooit moedeloos of beangs word nie; verlaat jou altyd op die heilige hart van Jesus"


St. Marguerite-Marie

BELOFTES* VAN DIE HEILIGE HART VAN JESUS

WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HEILIGE HART VAN JESUS EN DIE ONBEVLEKTE HART VAN MARIA??

WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HEILIGE HART VAN JESUS EN DIE ONBEVLEKTE HART VAN MARIA??

  1. Ek sal hulle al die genade gee wat hulle vir hul lewensstaat benodig.
  2. Ek sal vrede bring in hul gesin.
  3. Ek sal hulle in moeilikheid vertroos.
  4. In hul lewe, en veral in hul dood, sal Ek hul toevlug wees.  
  5. Ek sal alles seën wat hulle onderneem.   
  6. Sondaars sal in My Hart die bron en eindelose oseaan van barmhartigheid vind.   
  7. Louwarm siele sal vurig word.   
  8. Vurige siele sal gou groot volmaaktheid bereik.   
  9. Ek sal dié plekke seën waar die afbeelding van My Heilige Hart vertoon en vereer word.   
  10. Ek sal Priesters die krag gee om versteende harte aan te raak.   
  11. Almal wat dié devosie bevorder sal hul name vir ewig in My hart opgeskryf hê.   
  12. Ek sal die genade van finale berou skenk aan almal wat Heilige Kommunie op die Eerste Vrydag van nege opeenvolgende maande ontvang; hulle sal nie in My onguns sterf sonder om die Sakramente te ontvang nie; en in hul sterwensuur sal My Goddelike Hart hul veilige toevlug wees.

* Die beloftes is geen plaasvervanger vir die uitleef van die Gebooie, en die nakoming van ‘n mens se lewenspligte, en Gebed en die Sakramente nie.

WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HEILIGE HART VAN JESUS EN DIE ONBEVLEKTE HART VAN MARIA??

WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HEILIGE HART VAN JESUS EN DIE ONBEVLEKTE HART VAN MARIA??

WAT IS DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HEILIGE HART VAN JESUS EN DIE ONBEVLEKTE HART VAN MARIA??

Maria en Jesus se harte is diep verweef. Die Heilige Maagd het haar toestemming gegee vir die goddelike verlossingsplan (Luk. 1:38),en Ons Here wou en het dit volbring. Hierdie twee harte kan dus nooit geskei word nie. Die Dienares van God Lúcia dos Santos, een van die sieners van Fatima, het dit so uitgedruk: "[Terwyl Jesus in Maria se skoot was], het die Hart van Christus in harmonie met die Hart van Maria geklop." 


Die Feesdag van die Onbevlekte Hart van Maria is altyd die dag na die Plegtigheid van die Allerheilige Hart van Jesus.

Wie is die beskermheilige van toegewydes aan die Heilige Hart?

Sint Marguerite-Marie Alacoque is die beskermheilige van diegene wat aan die Heilige Hart van Jesus toegewy is. 


Sint Gertrude die Grote en Sint Johannes Eudes was albei vroeë voorstanders en proponente van toewyding tot die Heilige Hart van Jesus.


Hiernaas sal u meer inligting omtrent die drie Heiliges vind.

St. Jean Eudes

St. Gertruida die Grote

St. Marguerite-Marie

FEESDAG - 19 AUGUSTUS 


(1601-1680)

As jongman sluit hy aan by die Oratoriane en word priester. Tydens die pes epidemies van 1627 en 1631 versorg hy die siekes en sterwendes en omdat hy nie sy medebroers wou aansteek nie, gaan woon hy in ’n groot hout krat in die middel van ’n weiveld. Hy preek meer as 100 parogie missies en stig uiteindelik twee kongregasies (een vir mans en een vir vroue) om sy apostolaat voort te sit. Die kern boodskap van sy geskrifte was: Jesus is die bron van alle heiligheid en Maria is die toonbeeld van die Christelike lewe. Pous Pius XI het verklaar dat Jean Eudes die vader is van die devosies tot die Heilige Hart van Jesus en die Onbevlekte Hart van Maria.

St. Marguerite-Marie

St. Gertruida die Grote

St. Marguerite-Marie

FEESDAG - 16 OKTOBER


(1647-1690)

In die tyd van hierdie diepgelowige Franse non het baie Christene ongelukkig hul godsdiens op ’n rigiede manier beoefen, met die fokus op die wet en nie die liefde van die Evangelie nie. Sy was lief om ure voor die Allerheiligste Sakrament deur te bring en haar merkwaardige gebedslewe is gekenmerk deur ’n reeks visioene waarin die Here Jesus haar sy Heilige Hart getoon het, die bron van alle barmhartigheid. Deur dié bonatuurlike verskynings het God haar oorweldig deur sy onuitputlike en grenslose liefde vir die mens. Egte godsdiens gaan nie oor die afdwing van die wet nie, maar kom voort uit ’n hart wat oorloop van liefde. Sy word die groot apostel van die Heilige Hart van Jesus. 

St. Gertruida die Grote

St. Gertruida die Grote

St. Gertruida die Grote

FEESDAG - 16 NOVEMBER 


(1256-1302)

Hierdie merkwaardige vrou, wat ook as Gertruida die Grote bekend staan, is op die ouderdom van 5-jaar deur haar ouers toevertrou aan die nonne van die Cisterciënser-abdy van Helfta in die Duitse staat Sakse. Sover bekend het sy nooit weer die klooster verlaat nie. Sy was ’n hoogstaande mistikus wat ’n diep verhouding met haar Heiland gehad het. Die Here Jesus het in ’n reeks visioene aan haar verskyn. Op eenvoudige en openhartige wyse het sy oor haar roeping en die visioene wat sy ervaar het geskryf. Veral interessant was haar toewyding  aan die Heilige Hart van Jesus, ’n devosie wat eers eeue later populêr sou word in die Katolieke Kerk. Haar geestelike geskrifte het ’n groot invloed op baie mense se lewens uitgeoefen.

'n Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

'n verdere Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

'n verdere Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

Liefde vir die Hart van Jesus,
   ontvlam in my eie hart,
Genade van die Hart van Jesus,
   vind ‘n tuiste in my eie hart,
Krag van die Hart van Jesus,
   versterk my eie hart,
Barmhartigheid van die Hart van Jesus,
   vergewe die sonde in my eie hart,
Geduld van die Hart van Jesus,
   laat my eie hart lankmoedig wees,
Koninkryk van die Hart van Jesus,
   vestig u heerskappy in my eie hart,
Wysheid van die Hart van Jesus,
   onderrig my eie hart,
Wil van die Hart van Jesus,
   maak my eie hart se wil sterk,
Ywer van die Hart van Jesus,
   neem besit van my eie hart. Amen

'n verdere Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

'n verdere Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

'n verdere Gebed tot die Heilige Hart van Jesus

Heilige God en Vader,
   in die Heilige Hart van u Seun,
wat om ons ontwil gewond is,
  skenk U ons die rykdom van u liefde.

Ons bid U:
  laat ons uit hierdie bron van genade
u gawes in oorvloed ontvang.
  Deur Christus onse Here.

Amen.

Aflaaibare kaart
Aflaaibare kaart

pouslike ensiklieke, briewe en skrywes ten opsigte van die heilige hart

Slegs Engelse weergawes beskikbaar

  1. ANNUM SACRAM (Oor Toewyding aan die Heilige Hart), Pous Leo XIII, Ensikliek gepromulgeer op 25 Mei 1899
  2. MISERENTISSIMUS REDEMPTOR (Oor Eerherstel aan die Heilige Hart), Pous Pius XI, Ensikliek gepromulgeer op 8 Mei 1928 
  3. CARITATE CHRISTI COMPULSI (Oor die Heilige Hart),Pous Pius XI, Ensikliek gepromulgeer op 3 Mei 1932 
  4. HAURIETIS AQUAS (Oor Toewyding aan die Heilige Hart), Pous Pius XII, Ensikliek gepromulgeer op 15 Mei 1956

ANNUM SACRAM . Oor Toewyding aan die Heilige Hart (pdf)Download
MISERENTISSIMUS REDEMPTOR . Oor Eerherstel aan die Heilige Hart (pdf)Download
CARITATE CHRISTI COMPULSI . Oor die Heilige Hart (pdf)Download
HAURIETIS AQUAS . Oor Toewyding tot die Heilige Hart (pdf)Download

MOET NIE AGTERWEË GELAAT WORD NIE


Kopiereg ©1997 - 2025 AfrikaansKatoliek asook Die Oratorium Uitgewery™ - Alle Regte Voorbehou.

Powered by

  • Tuisblad
  • Bid saam met die Pous
  • Pous Leo XIV
  • Bronmateriaalskatkis
  • Kategese
  • Jeug- & Kinderkategese
  • Jubeljaar 2025
  • PMS-MISSIO
  • Vanaf ons Biskoppe
  • Devosies & Gebede
  • Musiek & Gesang
  • Sakramente
  • Seisoene & Feeste
  • Hemelvaart
  • Beskikbaar