Signed in as:
filler@godaddy.com
Signed in as:
filler@godaddy.com
Die ander seisoene in die Kerkjaar het almal hul eie kenmerkende karakter en buiten daardie seisone, is daar 33 of 34 weke in die jaarlikse siklus wat nie 'n spesifieke aspek van die misterie van Christus vier nie.
Eerder, en veral op Sondae, is hulle toegewy aan die misterie van Christus in al sy aspekte. Hierdie tydperk staan bekend as Gewone Tyd. Die Gewone Tyd begin op Maandag na die Sondag na 6 Januarie en duur voort tot Dinsdag voor Aswoensdag, ingesluit. Gewone Tyd begin weer op Maandag na Pinkster en eindig voor aandgebed I van die Eerste Sondag van Advent.
Gewone Tyd is 'n tyd van groei en volwassenwording, 'n tyd waarin die misterie van Christus geroep word om al hoe dieper in die geskiedenis deur te dring totdat alles uiteindelik in Christus vasgevang is.
Die doel, waarna die hele geskiedenis gerig is, word deur die laaste Sondag in Gewone Tyd, die Hoogfees van Ons Here Jesus Christus, Koning van die Heelal, verteenwoordig.
Groen word gebruik tydens die liturgiese seisoen genaamd Gewone Tyd gebruik want hierdie seisoen fokus op die driejaarperiode van ons Here se openbare bediening. Die Evangeliegedeeltes, veral op Sondae, vertel van Sy leerstellings, wonderwerke, uitdrywings en ander dade gedurende hierdie tyd. Al hierdie leringe en gebeure bring groot hoop in die misterie van verlossing.
Ons fokus op die lewe wat Hy met die mensdom gedeel het tydens Sy tyd op hierdie aarde, die lewe wat ons nou met Hom deel in die gemeenskap van die Kerk en deur Sy sakramente, en ons sien uit daarna om die ewige lewe perfek in die Hemel met Hom te deel.
Groen simboliseer hierdie hoop en lewe, net soos die sweempie groen op bome in vroeë lente die hoop op nuwe lewe wek.
GROEN AS DIE LITURGIESE KLEUR VAN GEWONE TYD