Signed in as:
filler@godaddy.com
Signed in as:
filler@godaddy.com
Die woord "Advent" kom van die Latynse adventus vir "kom" en word geassosieer met die vier weke se voorbereiding vir Kersfees.
Advent bestaan altyd uit vier Sondae, beginnende op die Sondag naaste aan die fees van St. Andreas die Apostel (30 November) en duurvoort tot 24 Desember, wanneer die Middernag-Mis van die Here se Geboorte gevier word.
Die Kategismus van die Katolieke Kerk (paragraaf 524) sê:
Wanneer die Kerk elke jaar die liturgie van Advent vier, maak sy hierdie antieke verwagting van die Messias teenwoordig, want deur deel te maak van die lang voorbereiding vir die Verlosser se eerste koms, hernu die gelowiges hul vurige begeerte na sy tweede koms. Deur die voorganger se geboorte en martelaarskap te vier, verenig die Kerk haarself met sy begeerte: "Hy moet groei, maar ek moet afneem."
Dit is 'n voorbereidingsperiode vir die viering van die Inkarnasie (Menswording) van Jesus met Kersfees.
Aangesien Kersfees elke jaar van weë kommersieel iirweginge al hoe vroeër aanbreek, behoort die gelowiges te poog om ons harte des te meer na die Here toe te draai.
Soos 'n helige vrou eens opgemerk het:
Laat ons nie die seisoen laat verbygaan sonder 'n diepte van geestelikheid in ons harte wat ons laat nadink nie.
Dink na oor die misterie van hoe, en waarom, hierdie Almagtige God, voor wie engele bewe, sou neerdaal en nege maande sou leef in die suiwerste en heiligste vrou wat ooit geleef het, en ooit sal leef.
Hy was in 'n baarmoeder opgesluit met daardie Oneindige Intelligensie, Oneindige Krag en die Krag van die Heilige Gees.
Eerstens is dit 'n goeie idee om meer gereeld te bid, moontlik selfs die Blye Geheimenisse van die Rosekrans en die Kersnoveen wat almal die misteries oproep wat met die Here se koms in die wêreld te doen het.
Dit is ook belangrik om die Heilige Skrif te lees, veral die Kindstyd-vertellings van Matteus en Lukas. Die Kategismus van die Katolieke Kerk, hoofstukke 2 en 3 van die Tweede Deel van die Geloofsbelydenis, verwoord ook duidelik die Kerk se Geloof in die Inkarnasie (Menswording) en Geboorte van die Here Jesus.
Laastens, om regtig voor te berei, is dit belangrik om ten minste een keer gedurende die Advent seisoen te gaan bieg, en selfs daagliks die Heilige Mis by te woon en Eucharistiese Aanbidding te doen wanneer jy kan.
Advent word as die Klein Vastyd beskou, aangesien dit begin deur jouself te herinner dat Christus aan die einde van die wêreld as Regter sal kom, 'n herinnering aan die heiligheid waarmee ons gereed moet wees om die Here te groet. Dus, alhoewel dit nie streng 'n boetedoeningstyd is nie, moet die gelowiges hul harte na Jesus toe draai in gebed, aalmoesgee en offerande.
In die laaste deel van Advent sien ons met afwagting en vreugde uit na Sy Eerste Koms in Betlehem. Een manier om dit te doen, is om met die O-antifone wat in die Mis gebruik word te mediteer en waarvan elke antifoon 'n messiaanse titel van Christus uit die Ou Testament verteenwoordig.
Daar is vele simbole wat met Advent verbind word: die Adventkalender, die Adventkrans met kerse, die Jessestam, en die Kersstal – met die Baba Jesus afwesig tot Kersfees-aand. Elk van hierdie kan die basis van 'n gesinstradisie wees, veral om kinders te leer hoe om voor te berei vir Jesus se geboorte.
WAT IS DIE BETEKENIS VAN GAUDETE?
Die liturgiese jaar bevat verskillende kleure vir die verskillende Liturgiese seisoene.
Redemptionis Sacramentum (Nr. 121) sê: "Die doel van die gebruik van verskillende kleure is om die spesifieke karakter van die verskillende misteries uit te druk. Die gebruik van die diverse kleure is beide pedagogies en simbolies van die verskillende liturgiese feeste en seisoene."
Pers, 'n simbool van lyding en boetedoening, en is dus die liturgiese kleur wat in Advent en Vastyd gebruik word.
Die kerse dui die verskillende weke van Advent aan. Wanneer in die eerste week van Advent, word een pers kers aangesteek, en vir die tweede week word twee pers kerse aangesteek..
Gedurende die derde week word die rooskers bygegoeg. Dan, vir die laaste week, word al vier kerse aangesteek. Hierdie kleure stem ooreen met die liturgiese kleure van die gewade vir daardie weke, met pers wat boetedoening verteenwoordig en roos wat vreugde verteenwoordig.
Die Adventkrans bring die tyd voor Jesus in gedagte toe die wêreld in geestelike duisternis was. Tydens Advent onthou ons die Ou Testament-dae terwyl ons angstig uitsien na Sy geboorte met Kersfees.
Die volgorde is:
Eerste Week: 'n Pers kers
Tweede Week: 'n Tweede pers kers, benewens die kers van die eerste week
Derde Week: Die eerste twee weke se kerse en die roos- of pienk kers
Vierde Week: Al vier kerse
Die Blyegeheimenisse van die Rosekrans behoort jou te help om meer op Jesus se Inkarnasie (Menswording) te fokus. Ook word die Kersfees-Noveen dikwels tydens die Advent gebid.
Hierdie noveen is 'n unieke gebed vir die laaste nege dae van Advent, wat op 16 Desember begin en op Kersnag eindig. In vele oorde word die noveen reeds op 15 Desember begin om sodoende op 23 Desember voltooi te word.
Die noveen het ten doel om jou te help om jou hart voor te berei vir die Geboorte van die Here. Die noveen gebed is:
Wees gegroet, en geseënd die uur en oomblik waarop die Seun van God gebore
is uit 'n onbevlekte Maagd.
By 'n stal om middernag in Betlehem, in die skerp koue. Op daardie uur smeek ek U,
om my gebede te verhoor en my versoeke te vervul (noem jou versoek hier). Deur Jesus Christus en Sy mees Geseënde Moeder. Amen.
Die Stam van Jesse help om meer oor die Verlossingsgeskiedenis te leer deur deur na die geslagsregister van Jesus in Jesaja 11:1-3 te loer:
1Maar 'n takkie sal spruit
uit die stomp van Isai,
en 'n loot uit sy wortels
sal vrugte dra.
2Die gees van die Here
sal op hom rus –
die gees van wysheid en insig,
die gees van raad en sterkte,
die gees van kennis en ontsag
vir die Here.
3Hy sal genot put
uit ontsag vir die Here.
Hy sal nie 'n beslissing vel
volgens wat sy oë sien nie,
en nie teregwys
volgens wat sy ore hoor nie.
IS JESSE EN JESUS DIESELFDE?
Loer na die artikels onder die kategorieë Advent, Advent Ster en O-Antifone vir meer inligting.